Joost van den Vondel

Joost van den Vondel
Joost van den Vondel deur Philip de Koninck (1665)
Gebore(1587-11-17)17 November 1587
Sterf5 Februarie 1679 (op 91)
BeroepSkrywer, dramaturg
EggenootMayken de Wolff
Kinders4 kinders
[[Lêer:|128px|class=skin-invert]]

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Joost van den Vondel: Palamedes oft vermoorde onnooselheit

Joost van den Vondel (Nederlandse uitspraak: ˈjoːst fɑn dɛn ˈvɔndəl; 17 November 15875 Februarie 1679) was 'n Nederlandse digter, skrywer en dramaturg. Hy word beskou as die mees prominente Nederlandse digter en dramaturg van die 17de eeu. Van die toneelstukke wat uit die tydperk dateer word syne mees dikwels opgevoer. Sy epiese werk Joannes de Boetgezant (1662) wat oor die lewe van Johannes die Doper handel, is al by geleentheid die grootste Nederlandse epiese werk genoem.[1]

Vondel se teaterwerke is tot die 1960's gereeld opgevoer. Mees aanskoulik was die jaarlikse opvoering op nuwejaarsdag (van 1637 tot 1968) van sy Gijsbrecht van Aemstel.

Vondel was tot op sy oudag 'n produktiewe skrywer. Die grootste deel van sy noemenswaardige toneelstukke soos Lucifer (treurspel) en Adam in ballingskap is na 1650 geskryf, toe hy alreeds 65 was. Sy finale toneelstuk, Noag, wat op 80-jarige ouderdom geskryf is, word beskou as een van sy beste werke.

  1. Guerber, H. A. (1913). The Book of the Epic. Philadelphia: J. B. Lippincott & Co. p. 356.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search